Sol-Tech | Lektor: Pas en Draai

Solidariteit BewegingPretoria, GautengOn-siteFull-timeListed 3 days ago

Apply now

About this role

Sol-Tech, 'n privaat, Christelike en Afrikaanse beroepsopleidingkollege in Monumentpark, Pretoria, bied 'n unieke en opwindende geleentheid! Ons het tans 'n pos beskikbaar vir 'n Lektor : Pas en Draai .

Die doel van hierdie pos is om die beplanning, voorbereiding en aflewering van kurrikulumbelynde onderrig- en opleidingsessies, assessering en studente administrasie, deur die implementering van leerprogramme, waar te neem ten einde voorgeskrewe leeruitkomste te bereik. Die posbekleër is verantwoordelik vir die gehalte van onderrig en opleiding in sy of haar aangestelde area van verantwoordelikheid. Insette tot program- en assesseringsontwikkeling, hersiening en verbetering vorm deel van hierdie verantwoordelikheid.

Wat ons van jou verwag:

- ʼn Rooiseël as Passer en Draaier.
- Ten minste drie jaar ondervinding in die bedryf, ná die voltooiing van ʼn Rooiseël.
- Toepaslike ondervinding in die MS Office-pakket.
- Geldige rybewys en eie vervoer.
- Enige kennis/blootstelling in “Fusion 360 Cloud” sal in die aansoeker se guns tel.
- Enige 3D druk/”Additive manufacturing” ervaring sal in die aansoeker se guns tel.
- ‘n Geslaagde ODETP of OCOTTech sertifikaat op NKR vlak 4 sal in die aansoeker se guns tel.

Vaardighede en eienskappe wat tot jou voordeel sal strek:

- Leergierigheid en 'n passie vir kennis
- Uitstekende kommunikasievaardighede
- Hoë energie en ywer
- Sterk organiseringsvaardighede en inisiatief
- Goeie tydsbestuur en deursettingsvermoë
- Vermoë om prioriteite te stel en take effektief te hanteer
- Uitstekende menseverhoudinge
- Administratiewe en rekenaarvaardighede

Indien jy aan die vereistes voldoen, volg asseblief die skakel om aansoek te doen voor of op 6 Oktober 2026.

Indien jy nie binne twee weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat ander kandidate vir die pos oorweeg is.