About this role
Ajani is ‘n Afrikaanse maatskappy wat funksioneer binne ‘n Christelike waardestelsel. Ajani is betrokke by die uitplasing van ambag studente vir die voltooiing van hul werkgerigte leer komponente en fasiliteer ook die skedulering van vaktoetse vir studente wat hul leerprogramme suksesvol voltooi. Om aan die aanvraag vir vaktoetse vir die Beroepskwalifikasies te voldoen, bestuur Ajani tans ‘n onafhanklike Vaktoets-sentrum wat in Derderpoort, Pretoria gestasioneer sal wees.
Die doel van hierdie pos is die fasilitering van vaktoetse in lyn met regulatoriese vereistes asook die beplanning, voorbereiding en aflewering van opskerping sessies ter voorbereiding van vaktoetse. Die posbekleër is verantwoordelik vir die gehalte van toetsing en opskerping in sy of haar aangestelde area van verantwoordelikheid.
Posvereistes:
- Rooiseël as Meulmaker/Elektrisiën/Megatroniese Tegnikus, met minimum 3 jaar se industrie relevante ondervinding in die volgende: Outomatisering-, en PLC programmering (TIA Siemens sal voordelig wees).
- Kennis van robot programmering (FANUC sal voordelig wees).
- Bereidwilligheid om, indien nie reeds geregistreerd by NAMB nie, ‘n Assessor- en Moderator-kursus te voltooi, waarvoor opleiding deur die organisasie voorsien sal word.
- Rekenaargeletterd in MS Office-pakkette.
Vaardighede en eienskappe wat tot die aansoeker se voordeel sal strek:
- Kennis en ondervinding in opleiding en fasilitering van vaktoetse sal tot die aansoeker se voordeel strek
- Goeie verbale en geskrewe kommunikasievaardighede
- Uitstekende interpersoonlike- en administratiewe vaardighede
- Vermoë om onder druk te kan funksioneer en sperdatums te haal
- Doelgerig
- Organiserings- en beplannings vaardighede
- Professionele aanslag
Indien jy aan die vereistes voldoen, voltooi asseblief jou aansoek voor of op 30 September 2026.
Indien jy nie binne twee weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat ander kandidate vir die pos oorweeg is.