About this role
Die pos is in Kloofsig, Centurion, gebaseer. Om in aanmerking te kom, benodig jy ’n senior sertifikaat, terwyl ’n nasionale diploma in bemarking in jou guns sal tel.
Vaardighede en eienskappe wat tot jou voordeel sal strek, is goeie administratiewe, interpersoonlike en kommunikasievaardighede; ondervinding as ’n administratiewe beampte; tikvaardigheid; en rekenaarvaardigheid.
Die pos behels die volgende: algemene administrasie; bestellings; administrasie rondom maandverslae; logistieke reëlings; algemene tikwerk; hantering van nuusbriefdata; koördinering en bestelling van promosionele en bemarkingsmateriaal; opstel van databasisse; en die implementering van ’n stelsel vir die bemarkingstoor.
Indien jy nie binne drie weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat jou aansoek onsuksesvol was.