AfriForum | Distrikskoördineerder - Mooirivier

Solidariteit BewegingPotchefstroom, North WestOn-siteFull-timeStaff, 8–12 yearsListed 1 day ago

Apply now

About this role

AfriForum is op soek na ’n dinamiese, verantwoordelike en gemeenskapsgerigte distrikskoördineerder vir die Mooirivier-gebied om AfriForum se strategie op plaaslike vlak uit te voer en sterk, volhoubare gemeenskappe binne die distrik te help vestig en ontwikkel.

Dit is belangrik dat jy slegs aansoek doen indien jy reeds in die Mooirivier-gebied woon.

Die suksesvolle kandidaat sal ’n sleutelrol speel in die ondersteuning en uitbreiding van

AfriForum se plaaslike strukture, gemeenskapsveiligheid, projekte en ledegroei, asook in die koördinering en groei van AfriForum se kommersiële produkte en dienste in die distrik.

Die volgende word onder meer van die suksesvolle kandidaat verwag:

• Vestig, ondersteun en versterk AfriForum-takke, -buurtwagte, -gemeenskapsforums en ander plaaslike AfriForum-strukture.

• Identifiseer en ontwikkel vrywilligers, gemeenskapsleiers en portefeuljebeamptes.

• Help gemeenskappe om volhoubare selfdoenprojekte en plaaslike vermoë te ontwikkel.

• Bou en versterk gemeenskapsveiligheidstrukture en ondersteun die implementering van veiligheidsinisiatiewe.

• Koördineer die uitrol van AfriForum se nasionale projekte binne die distrik.

• Identifiseer opleidingsbehoeftes en koördineer opleiding en ontwikkeling van plaaslike strukture en vrywilligers.

• Bevorder media-, bemarkings- en ledegroei-inisiatiewe.

• Lewer professionele kliëntediens en bou sterk verhoudings met bestaande en voornemende kliënte.

• Identifiseer en ontwikkel nuwe kommersiële en verkoopsgeleenthede.

• Koördineer operasionele dienslewering, personeel, projekte en hulpbronne.

• Verseker verantwoordelike bestuur van voertuie, toerusting, bates en administrasie.

• Monitor personeelprestasie en ondersteun goeie spanwerk, produktiwiteit en diensgehalte.

• Verseker akkurate administrasie, finansiële beheer en verslagdoening.

Ons soek iemand wat:

• sterk verhoudings met mense en gemeenskappe kan bou;

• oor goeie leierskap-, organisasie- en koördineringsvaardighede beskik;

• oplossingsgerig is en verantwoordelikheid kan neem;

• gemaklik is om met vrywilligers, personeel, gemeenskapsleiers en kliënte te werk;

• sterk kommunikasie- en kliëntediensvaardighede het;

• verskeie projekte en prioriteite gelyktydig kan bestuur;

• kommersieel ingestel is en geleenthede vir groei kan identifiseer;

• akkuraat en verantwoordelik met administrasie en hulpbronne omgaan; en

• AfriForum se waardes en gemeenskapsgerigte benadering kan uitleef.

Om hiervoor in aanmerking te kom benodig jy ’n eenjaar- tot driejaardiploma in regte, omgewingsake, plaaslikeregeringsake, veiligheid en/of projekbestuur, asook twee tot drie jaar ondervinding in regte, omgewingsake, plaaslikeregeringsake, veiligheid en/of projekbestuur.

Hierdie pos sal vereis dat jy gereeld reis om te verseker dat alle gebiede die nodige aandag kry. Hiervoor benodig jy ’n geldige bestuurderslisensie en ’n betroubare voertuig.

Indien jy nie terugvoer ontvang binne drie weke ná die sluitingsdatum nie kan jy aanvaar dat jou aansoek onsuksesvol was.