Finansiële Administratiewe Beampte

Solidariteit BewegingPretoria, GautengOn-siteFull-timeMid level, 2–5 yearsListed 1 week ago

Apply now

About this role

Wie is ons?

Konnek - Die konneksie tussen vandag en môre. 'n Vennoot, wat saam bou aan 'n toekoms.

Konnek is 'n gemagtigde finansiële dienste maatskappy en bevorder die finansiële welstand, sekerheid en volhoubaarheid van individue en gesinne — nie net vir vandag nie, maar ook as 'n nalatenskap.

Ons is opsoek na ‘n Finansiële Administratiewe Beampte om by ons dinamiese span aan te sluit wat fokus op medies, lewensversekering, beleggings en verwante produkte. Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees om om administratiewe ondersteuning te bied vir finansiële produkte en die verskaffing van terugvoer aan kliënte.

Verantwoordelikhede sluit in, maar is nie beperk nie, tot die volgende:

- Verantwoordelik vir nakoming op kliënte basis.
- Voorbereiding van kliëntdata.
- Verwerking van leningsaansoeke en verskaffing van terugvoer aan kliënte.
- Elektroniese liassering, akkurate dokumentasie en rekordhouding.
- Implementering en instandhouding van kliënte lêers asook digitale stelsels.
- Voorbereiding van jaarlikse resensies.

Posvereistes:

Kwalifikasies en/of ervaring:

- ‘n Toepaslike administratiewe kwalifikasie.
- Minstens vyf jaar se hoë vlak administratiewe ervaring.
- Ervaring in die finansiële dienste industrie sal voordelig wees.

Vaardighede:

- Goeie organisering
- Goeie kommunikasievaardighede
- Sterk administratiewe vaardighede
- Analitiese vaardighede
- Goeie tydbestuur en kliënte diens
- Afrikaans- en Engelssprekend