SOS | Spesialis – Vroeëkinderontwikkeling

Solidariteit BewegingPretoria, GautengOn-siteFull-timeNew grad, 0–1 yearsListed 1 day ago

Apply now

About this role

Wil jy help om die toekoms van kleuteronderwys te vorm?

Is jy ’n ervare onderwyskundige met ’n passie vir vroeëkinderontwikkeling, innovasie en die bemagtiging van onderwysers?

Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) is op soek na ’n dinamiese en innoverende Vroeëkinderontwikkelingspesialis wat ’n leidende rol sal speel in die ontwikkeling van gehalteonderwys, die ondersteuning van kleuterskole en die vestiging van nuwe onderwysomgewings.

Hierdie is nie ’n tradisionele onderwyspos nie, maar ’n unieke geleentheid om jou kundigheid op ’n groter skaal aan te wend en ’n betekenisvolle impak op kleuteronderwys te maak.

Die suksesvolle kandidaat sal ook ’n sleutelrol vervul in die operasionele beplanning, ontwikkeling en vestiging van 'n onafhanklike Kleuterskool in 2027.

Verantwoordelikhede

- Spesialisondersteuning en onderwyserontwikkeling.
- Ondersteuning en opleiding bied vir SOS se Netwerkskole en Gimnasium konsessie.
- Gimnasium Kleuterskool: Beplanning en vestiging.
- Innovasie, navorsing en inhoudontwikkeling vir Wolkskool.

Minimum Vereistes

- 'n BEd-graag (NKR-Vlak 7)
- Ongeveer 10 jaar toepaslike onderwyservaring in die kleuterskoolomgewing.
- Uitstekende kommunikasie-, aanbiedings- en skryfvaardighede.
- Sterk organisatoriese, beplannings- en probleemoplossingsvaardighede.
- Die vermoë om selfstandig, innoverend en doelgewig te werk.
- Bereidwilligheid om te reis waar nodig.

Aanbevelings

- ’n BEd Honneursgraad (NKR-vlak 8).
- Ervaring in die bestuur, operasionele beplanning of vestiging van kleuterskole.
- Ervaring in projekbestuur, kurrikulumontwikkeling en onderwyseropleiding.
- Kennis van moderne onderrigmodelle, digitale leeromgewings en gehalteversekering.

Wie soek ons?

Ons soek ’n visioenêre denker én praktiese doener wat:

- Passievol is oor gehalteonderwys en vroeëkinderontwikkeling.
- Onderwysers kan inspireer, bemagtig en professioneel ondersteun.
- Strategiese idees in praktiese, uitvoerbare planne kan omskep.
- Vernuwend dink en nuwe geleenthede vir ontwikkeling raaksien.
- Met selfvertroue leiding kan neem en sterk verhoudings kan bou.

Werksomgewing

Die pos is hoofsaaklik by die SOS se kantoor in Centurion gebaseer.

Die suksesvolle kandidaat sal tydens die vestiging van 'n onafhanklike Kleuterskool gereeld by die skool betrokke wees om die implementering van die SOS se Onderrig- en Leermodel en die ontwikkeling van die kleuterskool te ondersteun. Deurlopende betrokkenheid sal daarna volgens die behoeftes van die skool geskied.

Help ons om die grondslag vir uitnemende onderwys te lê – van die heel eerste leerjare af.

Sluitingsdatum: Ansoeke sluit 6 November 2026.

Webblad: www.skole.co.za