SBM | Finansiële Rekenmeester

Solidariteit BewegingPretoria, GautengOn-siteFull-timeSenior, 5–8 yearsListed 5 days ago

Apply now

About this role

Finansiële Rekenmeester

Solidariteit Beleggingsmaatskappy (SBM) het ’n vakature vir ’n Finansiële Rekenmeester in die finansies afdeling.

Die Finansiële Rekenmeester is verantwoordelik vir die teboekstelling, rekonsiliasies en finansiële verslagdoening binne SBM se finansies afdeling. Die rol behels ook die hersiening van die maandelikse afsluitings van maatskappye binne die SBM-groep en die voorbereiding van jaarlikse ouditlêers.

Die suksesvolle kandidaat moet take met ’n hoë mate van akkuraatheid, vertroulikheid en dringendheid kan uitvoer om doeltreffende dienslewering te verseker.

Verantwoordelikhede

Pligte sluit onder meer die volgende in:

- Teboekstelling en rekonsiliasie van bankrekeninge en transaksies.
- Betaling en rekonsiliasie van krediteure.
- Bestuur en invordering van debiteure in samewerking met die betrokke afdelings.
- Uitreik van maandelikse fakture.
- Bestuur van die vastebateregister.
- Verwerking van maandelikse joernale.
- Verwerking en rekonsiliasie van intermaatskappytransaksies.
- Opstel van maandelikse bestuurstate.
- Voorbereiding van interim- en jaarlikse ouditlêers.
- Hersiening van die maandlêers van ander maatskappye binne die SBM-groep.
- Deelname aan ad hoc-projekte binne die finansies afdeling, soos deur senior personeel bepaal.

Posvereistes

Die ideale kandidaat beskik oor:

- ’n BCom-graad in Finansiële Bestuur of Rekeningkunde.
- Minstens drie jaar ervaring in ’n rekeningkundige klerkskapomgewing.
- Kennis van CaseWare en die vermoë om finansiële state daarmee op te stel.
- Die vermoë om effektief in Afrikaans en Engels te kommunikeer.
- ’n Geldige Kode 8-bestuurslisensie.

Vaardighede en eienskappe

Ons is op soek na iemand met:

- ’n Hoë vlak van akkuraatheid en diskresie.
- Die vermoë om vertroulike inligting verantwoordelik te hanteer.
- Goeie prioritiserings- en organiseringsvermoë.
- Sterk kommunikasievaardighede.
- Goeie probleemoplossingsvaardighede.
- Goeie rekenaarvaardighede, veral Microsoft Office.
- Sterk rekeningkundige vaardighede.
- Die vermoë om goeie menseverhoudinge te bou en te handhaaf.

Voordelig

- Kennis van Xero .
- Goeie Excel-vaardighede .

Indien jy aan die vereistes voldoen en graag deel van SBM se finansiespan wil wees, nooi ons jou uit om aansoek te doen.

Sluitingsdatum: 20 November 2026