Sol-Tech | Junior Lektor: Handvaardigheid

Solidariteit BewegingPretoria, GautengOn-siteFull-timeNew grad, 0–1 yearsListed 6 days ago

Apply now

About this role

Sol-Tech, 'n privaat, Christelike en Afrikaanse beroepsopleidingkollege in Monumentpark, Pretoria, bied 'n unieke en opwindende geleentheid! Ons het tans 'n pos beskikbaar vir 'n Junior Lektor : Handvaardigheid .

Die doel van hierdie pos is om die beplanning, voorbereiding en aflewering van kurrikulum belynde onderrig en opleiding sessies, assessering en studente administrasie ten einde die implementering van leerprogramme waar te neem deur voorgeskrewe leeruitkomste te bereik. Die posbekleër is verantwoordelik vir die gehalte van onderrig en opleiding in sy of haar aangestelde area van verantwoordelikheid. Insette tot program en assessering ontwikkeling, hersiening en verbetering vorm deel van hierdie verantwoordelikheid.

Wat ons van jou verwag:

- 'n Rooiseël kwalifikasie in Meulmaker/Passer en Draaier/Gereedskapmaker.
- ‘n Minimum van 2 jaar ondervinding in die Meulmaker/Passer en Draaier/Gereedskapmaker ambag, waarby ondervinding opgedoen as deel van werkgeïntegreerde leer (WIL) ingesluit word.
- ‘n Geslaagde ODETP of OCOTTech sertifikaat op NKR vlak 4 sal in die aansoeker se guns tel.
- ‘n Geldige rybewys en eie vervoer.
- ‘n Matrieksertifikaat.
- Toepaslike MS-Office-pakket rekenaar vaardigheid.

Vaardighede en eienskappe wat tot jou voordeel sal strek:

- Leergierigheid en 'n passie vir kennis
- Uitstekende kommunikasievaardighede
- Hoë energie en ywer
- Sterk organiseringsvaardighede en inisiatief
- Goeie tydsbestuur en deursettingsvermoë
- Vermoë om prioriteite te stel en take effektief te hanteer
- Uitstekende menseverhoudings
- Administratiewe en rekenaarvaardighede

Wat ons bied:

- ’n Gesonde werk-lewe-balans wat ruimte vir persoonlike welstand en balans bied
- Welstandinisiatiewe deur die jaar om algehele welstand te ondersteun
- Ondersteuning vir loopbaan groei en verdere ontwikkeling

Indien jy aan die vereistes voldoen, volg asseblief die skakel om aansoek te doen voor of op 12 November 2026.

Indien jy nie binne twee weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat ander kandidate vir die pos oorweeg is.