Maroela Media | Multimedia-koördineerder

Solidariteit BewegingPretoria, Centurion, GautengOn-siteFull-timeNew grad, 0–1 yearsListed 4 days ago

Apply now

About this role

Maroela Media het ’n pos beskikbaar vir ’n kreatiewe, ervare en georganiseerde multimedia-koördineerder wat leiding kan neem in die koördinering en vervaardiging van multimedia-inhoud.

Die doel van die pos is om die daaglikse werksaamhede van die multimediaspan te koördineer en self ook gehalte-inhoud te vervaardig wat op verskillende platforms gepubliseer word.

Die suksesvolle kandidaat sal onder meer verantwoordelik wees vir die prioritisering van multimediaversoeke en toewysing van werk volgens kapasiteit en spertye; redaksionele en tegniese gehaltebeheer van multimedia en die ontwikkeling, vervaardiging en optimalisering van multimedia-inhoud vir verskillende platforms.

Om vir die pos in aanmerking te kom, benodig jy ’n diploma of graad in joernalistiek, kommunikasie, media of ’n verwante veld (NKR-vlak 6 of hoër), asook minstens drie jaar se ondervinding in die multimedia-, sosialemedia-, kommunikasie- of joernalistieke omgewing.

Die ideale kandidaat beskik oor ervaring in ’n nuus-omgewing; foto- en videografie vaardighede, ervaring met video- en klankredigeringsagteware, soos Adobe Premiere Pro en Canva; kennis van grafiese ontwerpsagteware, soos Adobe Photoshop; die vermoë om visueel aantreklike, redaksioneel geskikte multimedia-inhoud te vervaardig; en goeie organisasie-, kommunikasie- en koördineringsvaardighede.

Vaardighede wat tot jou voordeel sal strek, is die vermoë om goed onder druk te kan werk en by spertye te kan hou. Daar sal van die suksesvolle kandidaat verwag word om soms oortyd of oor naweke te werk. Die kandidaat moet oor ’n geldige rybewys beskik.

Kennis van die Suid-Afrikaanse Perskode en toepaslike mediawetgewing sal tot die kandidaat se voordeel strek.