AfriForum | Betaalroladministratiewe beampte

Solidariteit BewegingGuadeloupeOn-siteFull-timeMid level, 2–5 yearsListed 1 day ago

Apply now

About this role

AfriForum is op soek na ’n noukeurige en georganiseerde Betaalroladministratiewe Beampte om administratiewe ondersteuning binne die Menslike Hulpbronne-span te bied.

Die ideale kandidaat is iemand wat daarvan hou om met administrasie te werk, goed georganiseerd is, akkuraat is en gemaklik is om met vertroulike personeel- en salarisinligting te werk. Die pos is ideaal vir iemand wat graag praktiese ervaring binne Menslike Hulpbronne en betaalroladministrasie wil opdoen.

Die pos is by AfriForum se hoofkantoor in Kloofsig, Centurion gebaseer.

Minimum vereistes

- Graad 12.
- ’n Kwalifikasie of sertifikaat in Menslike Hulpbronne, Administrasie of ’n verwante rigting sal as ’n voordeel beskou word.
- Basiese rekenaarvaardigheid, insluitend Microsoft Word en Excel.
- Goeie taal- en kommunikasievaardighede.
- Vorige administratiewe ervaring sal ’n voordeel wees.
- Kennis van ’n betaalrolstelsel, soos Payspace, sal ’n voordeel wees, maar is nie ’n vereiste nie.

Vaardighede en eienskappe

Die suksesvolle kandidaat moet:

- Baie akkuraat en detailgeoriënteerd wees.
- Goed georganiseerd wees en administratiewe take sistematies kan hanteer.
- Goeie tydsbestuur hê en sperdatums kan nakom.
- Vertroulikheid en diskresie kan handhaaf.
- Goeie menseverhoudinge en kommunikasievaardighede hê.
- Bereid wees om nuwe prosesse en stelsels aan te leer.
- Ondersteunend en diensgerig wees.
- Selfstandig kan werk, maar ook goed binne ’n span funksioneer.
- Verantwoordelikheid vir administratiewe take kan neem.

Verantwoordelikhede

Die verantwoordelikhede van die pos sluit onder meer in, maar is nie beperk nie tot:

- Algemene administratiewe ondersteuning aan die Menslike Hulpbronne- en betaalrolfunksie.
- Vaslegging en opdatering van werknemerinligting op die toepaslike stelsels.
- Assistent met die voorbereiding en verwerking van betaalrolinligting.
- Kontrolering van personeeldata en dokumentasie vir akkuraatheid.
- Ondersteuning met die administrasie van verlof en personeelrekords.
- Assistent met nuwe werknemers se administrasie en dokumentasie.
- Ondersteuning met die administrasie van mediese- en voorsorgfondsdokumentasie.
- Opstel van algemene MHB-dokumentasie, briewe en vorms volgens bestaande templates.
- Elektroniese liassering en instandhouding van personeel- en betaalroldokumentasie.
- Assistent met die voorbereiding van dokumentasie vir WVF/werkloosheidsversekering en ander personeeladministrasie.
- Versameling en vaslegging van inligting wat vir betaalrolverwerking benodig word.
- Opvolg met werknemers rakende uitstaande dokumentasie of inligting.
- Algemene administratiewe ondersteuning aan die MHB-span soos benodig.
- Uitvoering van enige ander redelike administratiewe take wat binne die omvang van die pos val.

Indien jy nie binne drie weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat ander kandidate vir die pos oorweeg is.