AfriForum | Opleidingskoördineerder

Solidariteit BewegingGuadeloupeOn-siteFull-timeMid level, 2–5 yearsListed 2 days ago

Apply now

About this role

AfriForum Dienste is op soek na ’n ervare, gekwalifiseerde ambagsman, verkieslik ’n elektrisiën, met die praktiese vakkennis en ondernemingsvernuf om ’n nuwe vakmanskap- en opleidingsprogram van ontwikkeling tot implementering te neem.

Die suksesvolle kandidaat sal ’n opleidingsmodel vir loodgieters en elektrisiëns vestig, die nodige prosesse en vennootskappe ontwikkel, en die praktiese implementering daarvan begelei. Die doel is om ’n finansieel volhoubare model te skep wat selfstandig kan funksioneer en mettertyd na ander dorpe en streke uitgebrei kan word.

Die rol bied ook die geleentheid om nuwe projekte en kommersiële diensgeleenthede binne AfriForum Dienste te identifiseer en te ontwikkel.

Vereistes van die pos:

- ’n Geldige Rooiseëlkwalifikasie ( Red Seal qualification ) in ’n toepaslike ambag, verkieslik as elektrisiën.
- Praktiese ondervinding as gekwalifiseerde ambagsman.
- ’n Geldige rybewys.
- Kennis van en/of ervaring met PLC-stelsels.
- ’n Goeie begrip van vakleerlingskappe, praktiese opleiding en mentorskap.
- Sterk administratiewe, organisatoriese en koördineringsvaardighede.
- Goeie kommunikasievaardighede en die vermoë om met uiteenlopende rolspelers saam te werk.
- Die vermoë om selfstandig te werk, praktiese probleme op te los en ’n nuwe program te ontwikkel en te implementeer.
- ’n Sterk entrepreneursgees en die vermoë om kommersiële geleenthede te identifiseer en in uitvoerbare projekte te omskep.

Die volgende sal voordelig wees:

- Ervaring met vakleerlingadministrasie, logboeke en opleidingsdokumentasie.
- Kennis van werkplekgoedkeurings en toepaslike wetlike, regulatoriese en opleidingsvereistes.
- Ervaring met projekontwikkeling, begrotings of die vestiging van nuwe diensmodelle.

Verantwoordelikhede van die pos:

- Ontwikkel en implementeer ’n praktiese opleidingsmodel vir loodgieters en elektrisiëns.
- Koördineer die verkryging van die nodige werkplekgoedkeurings en ondersteun voldoening aan toepaslike vereistes.
- Vestig logboeke, opleidingsdokumentasie en administratiewe prosesse.
- Ontwikkel ’n mentorskapmodel en help met die identifisering en werwing van geskikte mentors en vakleerlinge.
- Koördineer vakleerlinge se plasing, begeleiding en vordering.
- Bou en onderhou verhoudings met opleidingsvennote en ander relevante rolspelers.
- Help om ’n kommersiële en finansieel volhoubare model vir die program te ontwikkel.
- Identifiseer en evalueer nuwe projekte en sakegeleenthede binne AfriForum Dienste.
- Begelei die vestigingsfase, los praktiese uitdagings op en monitor die program se vordering.
- Vestig prosesse wat die program se selfstandige funksionering en uitbreiding na ander gemeenskappe moontlik maak.

Indien jy nie terugvoer ontvang binne drie weke ná die sluitingsdatum nie kan jy aanvaar dat jou aansoek onsuksesvol was.