Maroela Media | Redaksionele assistent

Solidariteit BewegingPretoria, GautengOn-siteFull-timeNew grad, 0–1 yearsListed 4 days ago

Apply now

About this role

Maroela Media het ’n pos beskikbaar vir ’n entoesiastiese en noukeurige redaksionele assistent met ’n liefde vir Afrikaans, nuus en die digitale media.

Die doel van die pos is om Maroela Media se redaksie met kommentaarmoderering, administratiewe en redaksionele take, asook die verwerking en vervaardiging van joernalistieke inhoud te ondersteun.

Die suksesvolle kandidaat sal deurlopend verantwoordelik wees vir die moderering van leserskommentaar op Maroela Media se webwerf en sosialemediakanale, asook die monitering en verdere verfyning van die outomatiese kommentaarmodereringstelsel.

Namate dié stelsel ontwikkel, sal die pos geleidelik groter geleenthede vir redaksionele ondersteuning en joernalistieke werk bied.

Die suksesvolle kandidaat sal onder meer verantwoordelik wees vir die moderering en nasien van leserskommentaar op Maroela Media se digitale platforms; die monitering van die outomatiese kommentaarmodereringstelsel en toepassing van Maroela Media se kommentaarbeleid; die hantering van navrae, nuuswenke en klagtes; algemene redaksionele en administratiewe ondersteuning, waaronder die publiseer van inhoud; die verwerking, vertaling en skryf van nuusberigte en ander joernalistieke inhoud onder redaksionele leiding; en ondersteuning met multimedia-inhoud, waaronder foto’s, video’s en grafika.

Om vir die pos in aanmerking te kom, benodig jy ’n diploma of graad in joernalistiek, media, kommunikasie of ’n verwante veld (NKR-vlak 6 of hoër). Enige ervaring in joernalistiek of die mediabedryf sal in jou guns tel.

Die ideale kandidaat het ’n deeglike aanvoeling vir nuus en ’n belangstelling in die Afrikaanse media; is noukeurig en kan inligting verantwoordelik beoordeel; beskik oor goeie taal-, skryf- en kommunikasievaardighede; kan goed saam met ander redaksielede werk; en is bereid om volgens ’n skofrooster en, waar nodig, oortyd te werk.

Kennis van die digitale en sosialemediaomgewing, skryfervaring, asook kennis van die Suid-Afrikaanse Perskode en toepaslike mediawetgewing sal tot die kandidaat se voordeel strek.