AfriForum | Logistieke Bestuurder

Solidariteit BewegingGuadeloupeOn-siteFull-timeMid level, 2–5 yearsListed 1 week ago

Apply now

About this role

Doel van die pos

Die logistieke bestuurder is verantwoordelik vir die bestuur, ontwikkeling en optimalisering van die logistieke funksie van AfriForum, AfriForum Dienste en Forum Sekuriteit.

Die pos fokus op die ontwikkeling van geïntegreerde stelsels en prosesse wat verseker dat personeel, voertuie, toerusting en ander hulpbronne doeltreffend beplan, toegeken en benut word. Die suksesvolle kandidaat sal die logistieke span lei, kapasiteits- en prosesknelpunte identifiseer en praktiese oplossings implementeer om produktiwiteit, kostedoeltreffendheid en dienslewering te verbeter.

Vereistes van die pos

• ’n Toepaslike kwalifikasie in logistiek, voorsieningskettingbestuur, bedryfsbestuur of ’n verwante rigting

• Minstens vyf jaar toepaslike ervaring in logistieke of operasionele bestuur, waarvan minstens twee jaar in ’n bestuurs- of toesighoudende rol was

• Bewese ervaring in hulpbron- en kapasiteitsbeplanning, vloot- en batebestuur en die koördinering van logistieke bedrywighede

• Ervaring in die ontwikkeling en implementering van stelsels, standaardbedryfsprosedures en prosesverbeterings

• Goeie begrip van begrotings, kostebeheer en die ontleding van operasionele data

• Uitstekende beplannings-, organiserings- en probleemoplossingsvaardighede

• ’n Geldige rybewys en bereidwilligheid om te reis wanneer operasionele behoeftes dit vereis

Verantwoordelikhede van die pos

• Ontwikkel en implementeer ’n geïntegreerde logistieke strategie wat die organisasie se operasionele behoeftes en toekomstige groei ondersteun.

• Bestuur en ontwikkel die logistieke span deur duidelike verantwoordelikhede, werkvloeiprosesse en prestasiestandaarde te vestig.

• Ontleed en verbeter logistieke prosesse en implementeer gestandaardiseerde, skaalbare prosedures en digitale oplossings.

• Koördineer logistieke ondersteuning vir afdelings, projekte en aksies, insluitend vervoer-, roete- en skeduleringsbeplanning waar van toepassing.

• Verseker akkurate vloot- en baterekords en koördineer die instandhouding, beskikbaarheid en beheer van voertuie en toerusting.

• Bestuur logistieke begrotings, monitor uitgawes en identifiseer geleenthede vir kostebesparing en beter hulpbronbenutting.

• Identifiseer logistieke risiko’s, implementeer oplossings en verseker nakoming van toepaslike beleide, prosedures en interne beheermaatreëls.